Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Parlementêre oorsig nodig om drakoniese hantering van pandemies te keer

Die VF Plus het versoek dat 'n dringende vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid moet plaasvind waar die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla moet verskyn om die voorgestelde regulasies van die Nasionale Gesondheidswet te bespreek.

Die voorgestelde regulasies wat in die Staatskoerant gepubliseer is op 15 Maart 2022, het ten doel om die pas opgehefde ramptoestand, waaronder Suid-Afrikaners vir sowat 750 dae ingeperk was, te vervang.

Parlementêre oorsig oor die proses en ten opsigte van enige toekomstige hantering van die Covid-19 en ander pandemies moenie soos wat dit in die geval met die ramptoestand en die inentingsprogram was, eenkant toe gestoot word nie.

Die hantering van 'n gesondheidskrisis moet in lyn met die wetenskap en dus doelgerig wees. Enige inperking of maatreël wat nie wetenskaplik verklaar kan word nie, is sinneloos en ‘n magsvergryp.

Die hantering van enige pandemie en gepaardgaande inperkings moet ook met die nodige parlementêre oorsig gepaardgaan.

Die magsbeheptheid van die ANC-regering moet gestop word en minister Phaahla het nou die gulde politieke geleentheid om leiding en leierskap te neem en toe te sien dat Suid-Afrikaners nie weer benadeel word deur drakoniese maatreëls en inperkings nie.

Dit sal vir die minister voordelig wees om na vore te tree as ‘n sterk leier wat in landsbelang optree en nie in belang van die ANC nie.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.