fbpx
Vryheidsfront Plus

Plaasmoord by Moorreesburg skok

Die jongste plaasaanval en -moord op ‘n plaas buite Moorreesburg is ‘n duidelike bewys dat dié soort misdaad tot prioriteitsmisdaad verklaar moet word.

Mnr. Frans Koch (69) en sy vrou, Ingrid (65) is Dinsdag in hul woonhuis op hul plaas Klipheuwel aangeval.

Mev. Koch is in die voorval vermoor en haar man ernstig beseer en is tans in die hospitaal.

'n Verdagte is aangekeer en sal binnekort in die hof verskyn.

Die VF Plus stem saam met Agri Wes-Kaap dat een plaasmoord een te veel is.

Die VF Plus sal aanhou veg vir ‘n noodsaaklike spesiale landelike beveiligingseenheid wat hom toespits op die voorkoming van plaasaanvalle en wat in samewerking met boere en ander veiligheidsforums hierdie soort misdaad bekamp.

Die VF Plus spreek sy innige simpatie uit met die familie van die oorledene en wens mnr. Koch ‘n spoedige herstel toe.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.