Die voortgesette rooftogte en gewelddadige aanvalle op stappers op Tafelberg vereis nou daadwerklike optrede.
In die afgelope maand is twee messteekvoorvalle binne een week aangemeld.
Laat gistermiddag (13 Julie) is nรณg โn man by Deer Park, naby die Platteklip-washuise op die laer hange van Tafelberg, beroof en met โn mes gesteek. Dit volg kort op โn aanval verlede Woensdag, toe โn predikant deur โn groep mans beroof en in die arm gesteek is.
Hierdie voorvalle is uiters kommerwekkend en beklemtoon die ernstige veiligheidsrisiko waaraan stappers en besoekers by een van Suid-Afrika se bekendste toerismebestemmings blootgestel word.
Die VF Plus verwelkom die multidissiplinรชre operasies van die polisie, Sanparke en die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe.
Tog duur die aanvalle voort, ondanks โn gesamentlike operasie wat Sondag op Tafelberg uitgevoer is. Dit onderstreep die noodsaaklikheid van ‘n meer intelligensiegedrewe optrede om die aanvallers te identifiseer, op te spoor en voor die gereg te bring.
Die situasie word verder vererger weens die groot aantal internasionale toeriste wat maandeliks Tafelberg en Seinheuwel besoek.
Baie van hulle is nie bewus van die veiligheidsrisikoโs nie en in talle gevalle verkies slagoffers om nie klagte aanhangig te maak nie.
Dit beperk die polisie se vermoรซ om sterk sake teen herhaaldelike oortreders te bou en beklemtoon die behoefte aan meer geteikende operasies.
Die VF Plus doen โn beroep op alle rolspelers om hul pogings te verskerp en diegene wat vir hierdie misdade verantwoordelik is, voor die gereg te bring.
Die party versoek ook dat duidelike en toeganklike veiligheidsinligting aan besoekers beskikbaar gestel word by die Kaapstad Internasionale Lughawe en dat buitelandse ambassades ingelig word sodat toeriste die nodige voorsorgmaatreรซls kan tref.
Verder doen die VF Plus โn beroep op stappers, roetedrawers en bergfietsryers om waaksaam te bly, waar moontlik nie alleen te stap nie, gewilde roetes te gebruik en enige verdagte optrede onmiddellik aan te meld.
Stappers word aangemoedig om by die Take Back Our Mountains-WhatsApp-groep aan te sluit om misdaad of verdagte bedrywighede vinnig te rapporteer.
Belangstellendes kan raadslid Emre Uygun kontak.
Belangrike noodnommers:
โข Algemene noodnommer: 021 480 7700
โข Wilderness Search and Rescue (WSAR): 021 937 0300
Besoekers word ook aangemoedig om die Stad Kaapstad se nooddienste-toepassing af te laai.


