Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus stuit skenking van erf aan Islam Trust deur

Die Vryheidsfront Plus het gister tydens ‘n raadsvergadering van die Tshwane-metro, ‘n ongrondwetlike proses gestop wat inwoners van Valhalla boos gehad het.

Dit het gevolg nadat die ANC ‘n verslag ter tafel gelêhet om erf 1989 in Valhalla te skenk aan die Thaba Tshwane Islamic Centre Trust.  Indien die VF Plus nie ingegryp het nie, sou dit tot gevolg gehad het dat die proses ongesiens deurgegaan het sonder dat ‘n volledige publieke deelname proses onder die inwoners van Valhalla gehou was.  Die VF Plus het tydens die raadsvergadering ‘n amendement ingehandig wat dit duidelik gestel het dat die hele proses eers gestop moet word en dat daar eers behoorlik met die gemeenskap gekonsulteer moet word alvorens ‘n besluit oor die skenking van die betrokke erf geneem kan word.

Die Pretoria leier van die VF Plus en leier in die raad, Rdl. Philip Van Staden, het tydens ‘n debat dit aan die ANC duidelik gestel dat ‘n groot onreg besig is om plaas te vind en dat die gemeenskap van Valhalla se grondwetlike regte geskend word as daar nie behoorlik met hul gekonsulteer word nie. Van Staden het ook genoem dat tydens die 2011-sensus dit duidelik is dat 95% van die inwoners van Valhalla Christene is wat nie te vinde is vir die opening van ‘n Moslem-moskee in Valhalla nie.  Hy het dit ook duidelik gestel dat daar prosesse in die raad is wat behoorlik gevolg moet word en dat dit vir alle partye in die raad geld.

“Niemand kan ‘n verslag na die raad bring om dinge te probeer deurdruk indien die volledige prosesse nie gevolg is nie.  Geen wet of verslag kan in die raad goedgekeur word sonder dat ‘n publieke deelname proses gevolg is nie.”

Die proses om die erf te skenk is nou gestop en die kantoor van die Speaker sal nou die nodige publieke deelname proses onder die inwoners van Valhalla hou alvorens die verslag weer aan die raad in 2014 voorgelê gaan word.

 

Raadslid Philip van Staden, Tshwane Metro

VF Plus Pretoria Streekleier

Tel: 084 015 4722

Philip@vf.co.za / philipvastaden@yahoo.co.uk

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.