Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun nie Lesedi-konsepbegroting

Die VF Plus kan nie die Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Heidelberg, Viskuil, Devon) se konsepbegroting vir die 2025/26-finansiële jaar steun nie.

Dié onbefondsde begroting is onrealisties en is ‘n wenslys wat nooit bewaarheid kan word nie.

Lesedi word gekenmerk deur swak dienslewering en ‘n hoë werkloosheidsyfer wat inwoners ontmoedig om gereeld vir dienste te betaal. Met ‘n invorderingskoers van 68% is dit onmoontlik om genoeg dienste te lewer.

Gereelde betalings vanuit wyke 8, 9 en 10 bepaal grootliks die munisipaliteit se invorderingskoers. Lesedi het 13 wyke.

Die munisipaliteit sal nie net druk op nie-betalende inwoners moet plaas nie, maar ook op staatsinstansies soos hospitale en skole om vir hul dienste te betaal.

Staatsinstansies skuld Lesedi R100 miljoen wat aangewend kan word om grootmaatdiensverskaffers te betaal.

Die VF Plus is van mening dat Lesedi infrastruktuur aan die industriële gebied en ondernemings moet prioritiseer ten einde die plaaslike ekonomie te stimuleer. Dit sluit in die verskaffing van genoeg krag en water en die instandhouding van paaie.

Die party moedig inwoners aan om vanaand (22 April) om 18:00 die vergadering rakende die geïntegreerde ontwikkelingsplan en konsepbegroting in die Heidelberg-stadsaal by te woon.

Die VF Plus sal nie afwyk van sy missie om inwoners van Lesedi eerste te stel nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.