Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun nie hoër salariskerwe vir Merafong-bestuurders nie

Die VF Plus het nie die aanpassing van die boonste vergoedingskerf vir bestuurders van die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) gesteun nie.

Die munisipale raad het dié besluit egter deur gestoomroller ten spyte van ‘n gekwalifiseerde oudit vir die 2024/2025-finansiële jaar en ‘n vermaning van die ouditeur-generaal (OG) dat vorige instruksies geïgnoreer en rekordhouding onvoldoende is.

Dié hoër vergoedingskerf, wat op alle ampsdraers insluitend dié van die pos van uitvoerende burgemeester, die munisipale bestuurder en departementshoofde van toepassing is, sal vir salarisse, toelaes en ander voordele geld.

Die VF Plus het dit duidelik gemaak dat die ekstra geld wat nou aan vergoeding bestee gaan word, beter aangewend kon word aan dienslewering en om agterstallige rekeninge, soos dié van Rand Water, wat reeds grootmaat-watertoevoer beperk, te vereffen.

Inwoners en getroue belastingbetalers van Merafong kan eenvoudig nie langer gestraf word vir ondeurdagte besluite waarvoor hulle moet betaal en waaruit hulle geen voordeel trek nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.