Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mantashe verklaar dat terughou van brandstof onwettig is en beloof vervolging – VF Plus sal dophou

In ‘n vraag- en antwoordsessie in die Nasionale Vergadering (NV) het die minister van minerale – en petroleumhulpbronne, Gwede Mantashe, vanmiddag ondubbelsinnig verklaar dat die terughou van brandstof onwettig is.

Terwyl die minister verduidelik hoe daar tans geen brandstoftekort in Suid-Afrika is of verwag word nie, is talle vulstasies en groothandelaars tans sonder diesel. Hulle verklaar dat hulle geen diesel kan kry by die enkele groot oliemaatskappye wat brandstof invoer nie.

Daar is selfs ‘n bewering van ‘n staatsonderneming wat beweer dat hy geen voorraad het nie, terwyl daar sowat 25 miljoen liter in hulle brandstofreservoirs is. Die minister behoort met min moeite te kan uitvind of dit waar is.

Mantashe het sy stelling oor die onwettigheid daarvan om brandstof terug te hou, uitgebrei: Handelaars kan dit doen om onregverdige wins te maak indien die pryse amptelik styg en sy departement sal teen sulke handelaars optree.

Indien diesel ná die prysverhoging weer vrylik beskikbaar is, sal dit op die misdaad wat die minister uitwys, dui. Die VF Plus se vraag is of die departement op klein oortreders gaan fokus en of die invoerders ook ondersoek sal word.

Die VF Plus sal sy aandag op hierdie situasie gevestig hou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.