fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun nie 2024/25-begroting van NMBM

Die VF Plus het vandag nie die 2024/25-begroting van die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) gesteun nie weens die voorgestelde tariefverhogings en veral dié wat met meer as 5% verhoog.

Alhoewel die VF Plus die noodsaaklikheid insien van jaarlikse aanpassing om tred te hou met inflasie en operasionele kostes, moet die finansiële las in ag geneem word waaronder belastingbetalers reeds gebuk gaan.

Met ʼn werkloosheidsyfer in die NMBM wat 40% nader, ervaar baie inwoners finansiële probleme en sal die voorgenome tariefverhogings meer inwoners in armoede dompel en lei tot wanbetaling.

Die metro moet eerder daarop fokus om sy invorderingskoers vir dienste gelewer te verhoog as om reeds oorbelaste inwoners met onbillike tariefverhogings te straf.

Die tariefverhogings is soos volg:

• Krag : 12,7%
• Water : 6%
• Sanitasie : 6%
• Vullisverwydering : 6%
• Eiendomsbelasting : 5%

Die VF Plus is daartoe verbind om die stem van die NMBM-inwoners te wees wat getrou hul diensterekeninge betaal en om te verseker dat hul finansiële bydraes verantwoordelik en regverdig aangewend word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.