Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun Harrismith-gemeenskap in stryd oor afbakening

Die VF Plus gooi sy volle gewig agter die gemeenskap van Harrismith se stryd teen die besluit van die Munisipale Afbakeningsraad (MDB) om die dorp se afbakening van die wanfunksionele Maluti-A-Phofung-plaaslike munisipaliteit (MAP) te verwerp.

Die voorstel behels dat Harrismith en omliggende gebiede (Intabazwe, Tshiamane, Sterkfonteindam en Eeram) asook aangrensende landbougrond van die res van die huidige munisipale-gebied afgeskei word, sodat hierdie gebied as ’n selfstandige plaaslike munisipaliteit kan funksioneer wat aan dié van MAP grens.

Die voorgestelde gebied voldoen aan al die wetlike vereistes om as ’n volhoubare en onafhanklike munisipaliteit te funksioneer.

Die VF Plus het reeds in Maart 2022 ’n amptelike voorstel hieroor by die MDB ingedien ingevolge die Wet op Munisipale Strukture- en Munisipale Afbakeningswet. Die voorstel toon duidelik aan dat die groter Harrismith-area ’n dig bevolkte, ekonomies aktiewe en geïntegreerde gemeenskap vorm met die vermoë om volhoubare en aanspreeklike dienslewering te verseker.

Maluti-A-Phofung is eenvoudig te groot en te ondoeltreffend om behoorlike dienslewering te verseker. Inwoners van Harrismith leef daagliks sonder betroubare water- en elektrisiteitsdienste, terwyl daar geen aanspreeklikheid onder munisipale amptenare is nie.

Hierdie afbakeningsproses bied die ideale en enigste praktiese oplossing om Harrismith doeltreffend te bestuur en volhoubare plaaslike regering te herstel.

Dit wil egter voorkom asof die ANC en sy ondersteuners die afbakeningsproses probeer manipuleer om politieke voordeel in die volgende munisipale verkiesing te behaal, ten koste van die gemeenskap se belange.

Verskeie rolspelers, waaronder die VF Plus, maak egter reg om hierdie ondeurdagte besluit van die afbakeningsraad teen te staan.

Die VF Plus se beleid is duidelik: Munisipaliteite moet kleiner, meer doeltreffend en nader aan die gemeenskap wees sodat plaaslike bestuur werklik plaaslik kan werk. Die situasie in MAP bewys dat groot, sentralistiese munisipale strukture rampspoedig is vir dienslewering en gemeenskapsontwikkeling.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.