Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Druk van VF Plus bring vordering op R76 tussen Steynsrus en Kroonstad

Ná volgehoue druk van die VF Plus het die herstelwerk aan die R76 tussen Steynsrus en Kroonstad momentum begin kry.

Ná maande se monitering is daar nou sigbare verbeterings aan die pad van 48 km wat vir jare ’n bron van frustrasie vir inwoners en boere was.

Die herstelprojek het reeds in 2019 begin en sou oorspronklik in 2022 voltooi gewees het. Die werk het egter vir byna twee jaar tot stilstand gekom nadat die Vrystaatse departement van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, aangedui het dat meer as R270 miljoen van die projek verkwis is.

Die VF Plus het in 2023 die spesiale ondersoekeenheid (SOE) versoek om ondersoek in te stel na die kontrakte en besteding rondom die padprojek.

Tydens talle oorsigbesoeke van die VF Plus en die portefeuljekomitee van die Vrystaatse wetgewer is bevestig dat die vorige werk wat die maatskappy Sedtrade uitgevoer het, nooit voltooi is nie. Die padoppervlak het spoedig begin verbrokkel en het oor ses jaar in ’n ernstige veiligheidsrisiko vir motoriste ontaard met talle ongelukke as gevolg.

Ná ’n vergadering wat die Vrystaatse premier, me. Maqueen Mathae in Oktober 2024 in Steynsrus gehou het, is die projek aan ’n nuwe kontrakteur, Phezulu Construction, toegeken.

In Mei vanjaar het Phezulu met die werk begin en daar is reeds merkbare vordering op die terrein.

Korrupsie en wanbestuur, wat vir jare die projek gekniehalter het, bly diep in die Vrystaatse regering gewortel. Die premier het verlede week weer aangekondig dat daar opgetree gaan word teen oneffektiewe kontrakteurs, maar dit gebeur eenvoudig nie.

Die VF Plus sal aanhou om die vordering op die R76 te monitor en te eis dat die premier moet verduidelik hoe sy beplan om die geld wat reeds aan die projek bestee is terug te kry.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.