fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus stem vir meer deursigtigheid in Johannesburg-metro

Die VF Plus was met die jongste raadsvergadering van die Johannesburgse metroraad die enigste party wat ʼn voorstel gesteun het dat alle komiteeverslae na afloop van portefeuljekomitee-oorsigbesoeke in die raad gedebatteer moet word.

Wanneer raadslede in persoon oorsigbesoeke van artikel 79-komitees bywoon, is dit die ideale geleentheid om probleme of suksesse op grondvlak waar te neem.

Die besoeke gaan gewoonlik gepaard met hoe die verskillende departemente hul kapitale- en soms operasionele begrotings bestee.

Dit stel raadslede in staat om na afloop van die oorsigbesoeke te bepaal of komiteeverslae wat voor die raad dien, juis en waar is.

Die VF Plus is van mening dat daar meer deursigtigheid op munisipale vlak moet wees en dit is jammer dat die VF Plus die enigste party was wat die voorstel vir behoorlike debatvoering oor oorsigbesoekverslae in die raad gesteun het.

Deur nie debatvoering hieroor toe te laat nie, skep die indruk dat daar eerder nie gepraat moet word oor wat raadslede op grondvlak waarneem nie.

Die VF Plus sal druk op die metroraad plaas om te sorg dat alle verslae wat voor die raad dien, dieselfde behandel word, ook oorsigbesoekverslae.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.