fbpx
Vryheidsfront Plus

Mamusa-dienslewering op pad na totale ineenstorting

Die Mamusa-plaaslike munisipaliteit wat Schweizer Reneke en omstreke bedien, is vandag weer tot stilstand gedwing weens ʼn staking van munisipale werkers wat weereens nie hul salarisse betyds ontvang het nie.

Die munisipale kantore is gesluit en verlate en van dienslewering is daar nie sprake nie.

Die munisipaliteit se gedurige kontantvloei probleme en gebrekkige dienslewering spruit voort uit jarelange wanbestuur, korrupsie en bedrog wat reeds sinoniem met Mamusa geraak het.

Die VF Plus in Mamusa het reeds by herhaling die kwessies onder die aandag van Noordwes se provinsiale regering gebring sonder enige merkbare resultate.

Die VF Plus sal nou, soos met die Lichtenburg-geval, Mamusa se lot direk opneem met die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Velenkosini Hlabisa en aandring op ʼn kragtige multidissiplinêre ingryping van nasionale departemente wat die polisie, Valke, die nasionale tesourie en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) insluit, om Mamusa eens en vir altyd te suiwer van die elemente wat die munisipaliteit vernietig.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.