Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus stem teen Ekurhuleni se besluit oor hoër elektrisiteitstariewe

Die VF Plus het tydens ’n raadsvergadering van die Ekurhuleni-metroraad ’n voorstel verwerp wat elektrisiteitstariewe verder verhoog bo wat aanvanklik in die begroting goedgekeur is.

Toe die begroting aanvaar is, is ’n verhoging van sowat 9% vir verbruikers goedgekeur. Die nuwe besluit beteken egter dat sekere inwoners nou veel meer moet betaal:

• Huishoudings (A2-tarief): Die prys vir die eerste 600 eenhede elektrisiteit styg van R2,59 tot R3,06 per eenheid – ’n verhoging van 18,4%.
• Sekere ondernemings (Tarief E): Verhogings van tot 41% kan hier geld.

Die raad se verslag wys self uit dat hierdie tariewe nie ooreenstem met wat Nersa bepaal het nie. Tog is die raad gevra om dit te aanvaar, terwyl Ekurhuleni terselfdertyd beplan om Nersa se besluit in die hof te betwis.

Die VF Plus meen dit is onaanvaarbaar dat inwoners en ondernemings die finansiële risiko van hierdie dispuut moet dra.

Die metro behoort eerder die nodige regs- en administratiewe stappe te neem om die tariewe reg te stel en intussen verligting by die hof te kry.

Kiesers in Ekurhuleni sal op 4 November 2026 die geleentheid kry om vir ’n stadsraad te stem wat nie elke kans gebruik om verbruikers verder te belas nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.