Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus stem nie saam met aanstelling van nuwe hoof van Opod

Die VF Plus stem nie saam met die aanstelling van me. Dikeledi Ntlatseng as die nuwe uitvoerende direkteur van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) nie weens onder meer ‘n nie-deursigtige en gebrekkige keuringsproses.

Dit is duidelik dat die parlementêre portefeuljekomitee wat ‘n aanbeveling oor die aanstelling moes doen, Ntlatseng nie behoorlik geëvalueer het nie.

Ses kandidate vir die pos se aansoeke is afgekeur op grond van die feit dat hulle geen ondersoekende ondervinding het van polisieverwante sake nie. Tog is Ntlatseng aangestel sonder enige ondervinding in dié verband.

Die VF Plus beskou die totale aanstellingsproses as gebrekkig. Die party (dr. Pieter Groenewald) het voorgestel die portefeuljekomitee moet sy eie kriteria oor kandidate kan opstel en moet ook in staat wees om onderhoude te voer met potensiële kandidate om ‘n ingeligte besluit te neem.

Dit is daarom duidelik dat die aanstelling deur gestoomroller is met die ANC se meerderheid in die portefeuljekomitee omdat die minister nagelaat het om binne die voorgeskrewe tydsraamwerk iemand in die pos aan te stel.

Die pos moes ingevolge die wet binne ‘n jaar na die voorgeskrewe datum van 28 Februarie 2019 gevul gewees het. Die finale sperdatum het dus reeds meer as vier maande gelede verstryk.

Die VF Plus het in die portefeuljekomitee gevra dat die minister ‘n omvattende verslag aan die komitee voorlê met redes vir sy versuim om die spertyd vir die aanstelling te eerbiedig. Die komitee het die voorstel aanvaar.

Daar is tans ook hangende hofsake oor die proses vir die aanstelling van die uitvoerende direkteur van Opod en die komitee het ook besluit dat die bestaande wet wat die uitvoerende direkteur aanstel, gewysig moet word om beter toesig van die portefeuljekomitee te verseker.

Navrae: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.