Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus stel omvattende regrukplan vir Tshwane en Pretoria bekend

Die VF Plus in Groter Pretoria gaan oor die volgende drie maande ’n omvattende regrukplan vir die Tshwane-metro en Pretoria as hoofstad bekendstel.

Die plan sal weekliks deur middel van mediaverklarings, sosiale mediaplasings en kort inligtingsvideo’s bekendgemaak word.

VF Plus-raadslede en kandidate sal self die verskillende fasette van die plan in eenvoudige, praktiese taal aan die publiek voorlê. Die VF Plus se verkiesingstema, “Dis ons tyd”, vorm die fondament van hierdie inisiatief.

Die eerste fase van die bekendstelling dra die titel: “Dis Ons Tyd – om gehoor te word”.

Die doel van hierdie fase is om inwoners van Tshwane en Pretoria uit te nooi om hul eie gedagtes, frustrasies en oplossings met die VF Plus te deel, sodat die herstel van die metro en hoofstad op hul insette kan berus.

Ons wil nie net praat nie, ons wil luister. Pretoria is óns stad en dit is ons tyd om saam te staan en dit weer die trotse hoofstad te maak wat dit behoort te wees. Ons nooi elke Pretorianer uit om sy of haar stem by ons te laat hoor.

Hierdie eerste fase is spesifiek daarop gemik om die mense van Tshwane se eie idees en ervarings in die hart van die regrukplan te plaas. Ons wil nie ’n plan van bo-af opgelê word nie, maar wil dit saam met die gemeenskap van onder af bou.

Die inisiatief word vanaf 29 Mei 2026 op sosiale media, die internet, radiostasies en ander mediakanale bekendgestel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.