fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus stel nuwe parlementslid voor

Mnr. Wouter Wessels, voorheen lid van die Vrystaatse provinsiale wetgewer, is die VF Plus se nuwe parlementslid in die plek van dr. Pieter Mulder wat na byna dertig jaar as parlementslid uitgetree het.

Wessels is 32 jaar oud en is die afgelope twaalf jaar aktief in partypolitiek betrokke. Hy is vier jaar gelede tot die Vrystaatse Provinsiale Wetgewer (LPW) verkies waar hy die VF Plus tot op hede verteenwoordig het.

Hy was lid van vyf portefeuljekomitees in die wetgewer waar hy veral gefokus het op sy rol as lid van die provinsiale openbare rekeninge-komitee om daar ‘n bydra te lewer om die finansiële bestuur van provinsiale departemente en munisipaliteite te verbeter en om amptenary aanspreeklik te hou vir korrupsie en wanbestuur.

Hy was van 2009 tot en met sy verkiesing as LPW die privaatsekretaris van die voormalige adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, dr. Pieter Mulder. Hy het in daardie tyd intensief saam met dr. Mulder gewerk en kon sodoende daagliks by die veteraan politikus leer.

Wesels is in Oos-Londen gebore en het aan die Hoërskool Grens gematrikuleer. Hy het aan die Universiteit van die Vrystaat studeer waar hy ‘n aktiewe rol in studenteleierskap gespeel het.

Hy was vir vyf jaar die nasionale jeugleier van die VF Plus en is ‘n kampvegter vir gelyke geleenthede vir die jeug van Suid-Afrika en teen die marginalisering van veral jongmense as gevolg van hul velkleur.

Hy is tans lid van die VF Plus se federale raad, federale dagbestuur en uitvoerende dagbestuur. Hy is ook die voorsitter van die party se strategiekomitee en tree op as politieke hoof van die media-eenheid van die party.

Tydens die 2014- en 2016-verkiesings het hy opgetree as nasionale verkiesingskoördineerder. Hy was ook nou betrokke by die herloodsing van die VF Plus in 2013.

Wessels is ook kundig op tegnologiese gebied en was verantwoordelik vir etlike tegnologiese ontwikkelinge wat die party se verkiesingsveldtogte betref.

Kontaknommers: 082 674 6670 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.