Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Nuwe model om politieke partye te befonds sal demokrasie en deursigtigheid bevorder

Die voorstel om ‘n nuwe model daar te stel rakende die befondsing van politieke partye, sal demokrasie en deursigtigheid bevorder en moet daarom verwelkom word, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Dr. Mulder het vandag met die bespreking van die verslag van die parlementêre ad hoc-komitee oor die befondsing van politieke partye gesê die partye het die afgelope maande konstruktief saamgewerk om ‘n ooreenkoms te bereik en moet hulle nou by die uitkoms neerlê.

Hy het die voorsitter van die komitee, mnr. Vincent Smith by die naam genoem en hom geprys vir die werk wat hy gedoen het om die komitee se opdrag om ‘n nuwe befondsingsmodel te vind, sinvol uit te voer.

“Die skepping van ‘n sentrale multiparty-fonds waar alle partye volgens ‘n bepaalde model bevoordeel sal word deur skenkings van maatskappye en die publiek, is ook ‘n stap in die regte rigting.

“Skenkers sal nou meer gemaklik voel om by te dra tot die beskerming van die land se demokrasie en dit kan grootliks ‘n einde bring aan die moontlikheid dat geld geskenk word in ruil vir gunste en gawes.

“Enigiemand wat ernstig is oor demokrasie en deursigtigheid, sal die voorstelle vir die nuwe befondsingsmodel steun,” sê dr. Mulder.

Kontaknommers: 083 626 1497 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.