fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus Sondagaand in TV-debat waar koalisies en verkiesingsfoefies onder meer bespreek word

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, is Sondagaand, 10 Julie om 19:30 te sien in die TV-program Robinson op KykNet (DSTV kanaal 144) waar hy onder meer sal praat oor koalisievorming en vals propaganda rakende die verdeling van stemme in die komende plaaslike verkiesing.

Die program vorm deel van ‘n reeks politieke debatte wat KykNet gaan uitsaai met die aanloop tot die plaaslike verkiesing op 3 Augustus vanjaar.

Die reeks skop Sondagaand af met ‘n debat oor Tlokwe, oftewel Potchefstroom. Dit is toevallig ook dr. Mulder se tuisdorp waar hy ‘n munisipale raadslid en professor aan die universiteit was.

Ander deelnemers aan die program is die burgemeester van Tlokwe en ANC-lid Kgotso Khumalo, die voormalige burgemeester me. Annette Combrink van die DA en die onafhanklike kandidaat David Xolile Kham.

Dr. Mulder het in die debat, wat vanoggend reeds opgeneem is, gesê die VF Plus is tans die derde grootste party in die raad en was deel van die opposisie-koalisie wat Potchefstroom vir ‘n tydjie regeer het. Die VF Plus het toe ook een van sy raadslede op die burgemeesterskomitee gehad.

Hy het gesê indien die ANC in hierdie verkiesing minder as 50% in Tlokwe kry, gaan dit weer nodig wees om so saam in ‘n koalisie te regeer omdat geen opposisieparty, die DA ingesluit, op sy eie meer as 50% van die stemme gaan kry nie.

Oor valse verkiesingsfoefies het dr. Mulder gesê huidige propaganda teen die VF Plus dat stemme verdeel word deur vir die VF Plus te stem, is totaal onwaar en berekend misleidend.

“In ons kiesstelsel kan jy nie die stemme verdeel nie. Al sou die VF Plus-kandidaat waarvoor jy in ‘n wyk stem nie wen nie, is daardie VF Plus-stemme nie gemors nie. Jou stem in die wyk vir die VF Plus-kandidaat word by die VF Plus se stemme op die partylys getel om te bepaal hoeveel VF Plus-raadslede daar gaan wees.

“In hierdie verkiesing gaan kiesers meer as een stembrief kry. Stem dus op elke stembrief vir die VF Plus,” is die raad wat dr. Mulder in die program aan voornemende kiesers gee.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.