fbpx
Vryheidsfront Plus

Skok-verslag oor gehalte onderwys in SA wys ANC-regering kan nie langer geduld word nie

Suid-Afrika se basiese onderwysstelsel is nou besig om homself te vestig as die swakste in die wêreld.

In ‘n verslag van die Wêreld-Ekonomiese Forum (WEF) wat pas uitgereik is, word bevind dat Suid-Afrika se wiskunde- en wetenskap-opvoeding die swakste in die wêreld is en sy algehele onderwysstelsel op twee na die swakte op aarde.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys, sê dit is totaal onaanvaarbaar vir ‘n land met Suid-Afrika se hulpbronne en vermoë om ‘n swakker onderwysstel te hê as lande soos Nigerië, Mosambiek, Malawi of self ‘n bankrot Zimbabwe.

Hy sê dit onderstreep meer as enigiets anders die ongelooflike pas waarteen die ANC-regering die land op ‘n vernietigingspad gelei het.

“Die ware tragiek en onheil in hierdie situasie lê in die feit dat Suid-Afrika se toekoms in die hande van sy jeug lê wat die leiers van more is. Die toekomsprentjie met die ANC aan die stuur is werklik somber. Die ANC kan bloot nie langer vertrou word met die land se toekoms nie,” sê adv. Alberts.

Die bevindinge van die WEF word gedoen aan die hand van ‘n meningspeiling onder sakeleiers oor ‘n verskeidenheid onderwerpe wat deel vorm van die forum se jaarlike Uitvoerende Meningspeiling.

Singapoer word volgens die WEF tans beskou as die land met die beste onderrig in wiskunde en wetenskap. Nieu Seeland is tiende, Egipte 130ste en Suid-Afrika beklee die skokkende, laaste, 139ste plek op die lys. Vir die derde jaar in ‘n ry.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.