Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus sit skouer aan die wiel om slaggate te herstel

Die VF Plus het die afgelope naweek self skouer aan die wiel gesit om slaggate in Birchleigh-Noord in Kemptonpark te herstel.

Die party het verskeie klagtes van inwoners in die woongebied ontvang rakende die probleem.

Talle inwoners het die slaggate by die Ekurhuleni-metro se departement van paaie aangemeld, maar niks is daaraan gedoen nie. Sommige inwoners het al twee jaar gelede die slaggate by die departement aangemeld.

VF Plus-raadslede het die afgelope naweek in samewering met die party se Birchleigh-Noord-tak, die slaggate herstel. Inwoners van die Rosannahof-woonkompleks het sakke koue teer geskenk.

Diensleweringsprobleme in die metro kan deur middel van ʼn selfoontoepassing aangemeld word. ʼn Persoon ontvang dan ʼn verwysingsnommer.

ʼn Ondersoek van die VF Plus toon dat die departement van paaie volgens hom reeds die slaggate reggemaak het en die saak as afgehandel beskou het. Dit was nie die geval nie.

Die VF Plus sal met die volgende raadsvergadering vrae rig aan die departemente oor die aanmelding van diensleweringsprobleme via die selfoontoepassing en die uitvoerbaarheid daarvan.

Die VF Plus bly daartoe verbind om die belange van die gemeenskap te dien en te verseker dat noodsaaklike infrastruktuurinstandhouding doeltreffend uitgevoer word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.