fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus se wetsontwerp om selfbeskikking te bekom vir die Wes-Kaap kry momentum

Die VF Plus se Wes-Kaapse Volkswetsontwerp (Western Cape People’s Bill) waarin erkenning gevra word vir Wes-Kapenaars as eiesoortige nasie met die reg op selfbeskikking, kry momentum.

Die wetsontwerp, wat in Junie vanjaar by die Wes-Kaapse regering ingedien is deur die VF Plus se Peter Marais, is pas bespreek voor die provinsie se staande komitee oor die premier en grondwetlike aangeleenthede.

Die komitee het aanbeveel dat ʼn regsmening oor die wetsontwerp nou bekom moet word.

Hierdie verwikkeling is geskiedkundig aangesien dit die eerste keer is dat selfbeskikking formeel en op hierdie vlak in die nuwe bedeling bespreek word.

Artikel 235 van Suid-Afrika se Grondwet maak voorsiening vir selfbeskikking vir enige gemeenskap wat ʼn gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, “binne ʼn territoriale entiteit in die republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal.”

Die VF Plus se span wat die voorlegging gedoen het, was mnr. Peter Marais (LPW), die party se Wes-Kaapse leier dr. Corné Mulder en adv. Gert Van Niekerk (onderleier: Wes-Kaap). Mnr. Phil Craig van die Cape Independence Advocacy Group het die voorlegging gesteun.

In die voorlegging is die komitee daarop gewys dat die wetsontwerp ook in lyn is met die Grondwet van die Wes-Kaap.

Die Wes-Kaap is die enigste provinsie met ʼn eie Grondwet waarin onder meer bepaal word dat “alle volke die reg tot selfbeskikking het sowel as om die ekonomiese en maatskaplike ontwikkelingsbeleide van hul eie keuse na te streef.”

Dit maak dit duidelik dat Wes-Kapenaars grondwetlik die reg het om hul eie politieke status te bepaal.

Suid-Afrika se nasionale regering het reeds by verskeie geleenthede die konsep van selfbeskikking soos omskryf in die Handves van Regte van die Verenigde Nasies (VN) erken, ook voor die Afrika-Unie (AU).

Selfbeskikking vir die Wes-Kaap is ʼn realiteit. Die sleutel tot sukses in die bereiking daarvan is ʼn mandaat van Wes-Kapenaars self deur middel van ʼn provinsiale referendum, of by die stembus in die opkomende 2024-verkiesing.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.