Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus sê nee vir die oprigting van ʼn monument vir Daveyton-slagoffers

Die VF Plus was die enigste party in die Ekurhuleni-metroraad wat nie ‘n mosie van die ANC gesteun het om ‘n monument in ‘n park vir die Daveyton-slagoffers op te rig nie.

Gedurende die Daveyton-slagting op 24 Maart 1991 is 12 mense dood en 38 beseer toe polisielede op mense by ‘n politieke samekoms losgebrand het.

Die mosie het voorgestel dat gevallestudies gedoen word van soortgelyke voorvalle wat straatnaamveranderings insluit.

Die party is nie gekant teen die oprigting van monumente of standbeelde om die regte redes nie, maar die Ekurhuleni-metro het nie nou die finansies om uitgawes aan te gaan vir ‘n mosie wat bloot polities gedrewe is nie. Dienslewering moet voorkeur geniet.

Die burgemeesterskomiteelid vir sport, rekreasie, kuns en kultuur, me. Bridget Thusi, het self erken dat die raad nie nou die finansies het vir sulke projekte nie.

Ondanks die teenstand van die VF Plus, is die mosie aanvaar.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.