Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Randfontein en Westonaria waarsku inwoners om nie self spoedwalle op te rig nie

Die VF Plus in die Rand West-plaaslike munisipaliteit het inwoners van Randfontein en Westonaria vandeesweek gewaarsku om nie self spoedwalle op provinsiale paaie of enige ander pad aan te bring nie.

Inwoners van die Tusanong-informele nedersetting het ‘n paar weke gelede besluit om spoedwalle op die R50 tussen Westonaria en Fochville aan te bring. Hulle beweer die besluit spruit uit ʼn voorval waar ʼn kind op die pad raakgery is.

Inwoners het ook ‘n geskrewe padteken wat op ‘n houtpaal vasgeslaan is, voor die spoedwalle aangebring as waarskuwing om stadiger te ry.

Die spoedwalle is baie hoër as die voorgeskrewe standaard en op sommige dele van die pad is twee spoedwalle direk na mekaar opgerig.

Die VF Plus het verskeie keer die hoof van openbare verkeer, Bheki Mtjali, gevra om die spoedwalle van sement te verwyder. Die versoek het op dowe ore geval.

Alhoewel die party inwoners se frustrasies verstaan met motoriste wat die spoedbeperkings oortree, is die oprigting van spoedwalle deur inwoners onwettig en ook gevaarlik.

Die VF Plus doen ʼn beroep op inwoners om deur die regte kanale aansoek te doen vir die aanbring van spoedwalle.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.