Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus staan sterk teen afskryf van R2,6 miljard se onreëlmatige uitgawes in NMBM

Die VF Plus het gehelp om die poging van die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM) om R2,6 miljard se onreëlmatige uitgawes af te skryf sonder voldoende dokumentasie of ʼn deeglike ondersoek, te keer.

Dié stap sou ʼn ernstige skending van finansiële verantwoordbaarheid en deursigtigheid wees.

Die enigste rede waarom hierdie poging misluk het, is die verdeeldheid binne die ANC self. Weens ANC-raadslede wat geweier het om die voorstel te steun, is die saak terugverwys na die munisipale openbare rekeningekomitee (MPAC) vir verdere ondersoek.

Die VF Plus verwelkom die verwysing van die saak na MPAC en dring aan op ʼn deeglike oudit om te bepaal watter uitgawes geregverdig was en watter moontlik met korrupsie verband hou.

Die party vermoed reeds lank dat hierdie bedrag nie bloot ʼn administratiewe fout is nie, maar dat dit moontlik fakture van kaders en vriende kan insluit. Indien waar, beteken dit dat die metro poog om hierdie bedrag af te skryf ten koste van sy inwoners.

Hierdie voorval beklemtoon die groter probleem van finansiële wanbestuur en korrupsie binne die metro.

Die VF Plus sal nie toelaat dat geld wat vir dienslewering bestem is, eenvoudig verdwyn sonder aanspreeklikheid nie.

Die party bly vasberade om te veg vir finansiële deursigtigheid en verantwoordbaarheid in die Nelson Mandelabaai-metro en ander munisipaliteite waar soortgelyke probleme voorkom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.