Die VF Plus sal hom nie laat voorskryf of laat intimideer oor die konfliksituasie in Israel nie.
Die Ekurhuleni-metroraad se speaker, me. Nthabiseng Tshivhega, het vandag gedurende ʼn spesiale raadsvergadering daarop aangedring dat raadslede staan en ʼn paar oomblikke van stilte handhaaf vir die “mense van Palestina”.
Die VF Plus het geweier om aan die gebaar deel te neem en is van mening dat dieselfde eer ook teenoor die inwoners van Israel betoon moet word.
Die VF Plus staan in solidariteit met die mense van Israel in sy stryd teen die terreurgroep Hamas en sal nie in raadsale gedwing word om eensydig kant te kies nie.
Dit is vir die VF Plus onaanvaarbaar dat die speaker nie die berekende en bloedige aanval op burgerlikes in Israel veroordeel het nie. Hierdie soort optrede is oneties en onbehoorlik.