fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus sal eerskomende Vrydag (12 September) antwoorde vra van Verbruikerskommissie oor vakansieklubs

Die VF Plus sal die Verbruikerskommissie eerskomende Vrydag (12 September) om antwoorde vra nadat die kommissie vroeër vanjaar onderneem het om sy lank verwagte verslag oor vakansieklubs teen die begin van hierdie maand bekend te maak, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid.

Adv. Alberts sê die Verbruikerskommissie moet Vrydag verslag doen oor sy eerste kwartaal se finansiële en nie-finansiële prestasies wat ook vakansieklubs insluit.

“Ek sal dan navraag doen hieroor om antwoorde te verskaf aan duisende vakansieklub-lede wat nou al lank gevange gehou word deur onbillike kontrakte en swak dienslewering.

“Die VF Plus glo dat geregtigheid sal seëvier en dat alle lede van die klubs geregtig sal wees op remedies soos deur die tribunaal uitgespel is. Klubs sal voortaan nie in stryd met die bevindinge kan optree nie.

“Die kommissie ook reeds laat blyk dat hy die onreëlmatige praktyke van regspraktisyns in stryd met die Wet op Verbruikersbeskerming ondersoek om die bevindings ook aan die verbruikerstribunaal voor te lê. Die VF Plus sal ook hieroor antwoorde vra en dadelik terugvoering gee oor die saak, sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.