Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Verklaar Oos-Vrystaat tot rampgebied

Die VF Plus eis dat die Oos-Vrystaat as ‘n rampgebied verklaar word nadat meer as 100 000 hektaar weiding deur veldbrande vernietig is.

Hierdie geweldige verlies het ‘n groot sosio-ekonomiese impak op die plaaslike gemeenskap. Om voedselsekerheid, werkskepping en landelike ontwikkeling te verseker, moet die regering meer doen om hierdie tipe natuurrampe deur effektiewe rampbestuur te voorkom, te beperk en na afloop daarvan vinniger voldoende rampverligting te bied.

Dit is onaanvaarbaar dat die provinsiale regering sloer met die aansoek by die nasionale departement om rampverligtingsfondse. Oor die algemeen neem die rampverligtingsproses onnodig lank. Die provinsie verklaar die betrokke gebied as ‘n rampgebied en doen by die nasionale departement van landbou, bosbou en visserye aansoek om fondse, waarna die rampgebied bekragtig moet word en ‘n aansoek om fondse by nasionale tesourie ingedien word. Indien goedgekeur, betaal tesourie die fondse aan die nasionale departement en die betaal dit oor aan die provinsiale departement wat dit aan die betrokke munisipaliteite waar boere aansoek gedoen het om hulp, betaal.

Die VF Plus sal die status en optrede van die regering in hierdie verband monitor en sal nie toelaat dat die proses op enige vlak weens ‘n gesloer of onbevoegdheid vertraag word nie.

 

082 674 6670

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.