fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

VF Plus rig versoek om hulp na brande in Harrismith-distrik

Die VF Plus is verslae oor die talle veldbrande wat die afgelope weke in die Oos-Vrystaat gewoed het en meer spesifiek gister se veldbrande wat onberekenbare skade buite Harrismith aangerig het.

Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus in die Vrystaat, het bevestig dat ‘n paar huise, baie buitegeboue, implemente, voertuie en werkershuise afgebrand het en dat honderde stuks vee en selfs mense in gister se brand omgekom het. ‘n Akkurate bepaling van die hoeveelheid vee wat doodgebrand het, sal na verwagting vandag gedoen word. Die VF Plus spreek sy simpatie uit teenoor diegene wat naasbestaandes verloor het, asook elke boer wat skade in hierdie verterende veldbrande gely het.

Daar word ‘n dringende beroep op die Vrystaatse Provinsiale Regering gedoen om hierdie gebied en die Oos-Vrystaat in geheel tot ‘n rampgebied te verklaar en om boere met voer by te staan, aangesien talle boere geen weiding na gister se veldbrand oor het nie. Die VF Plus sal vandag met die LUR vir landbou in die Vrystaat in verbinding wees om hierdie aangeleentheid as ‘n saak van dringendheid aan te spreek. Van Niekerk versoek boere om met hul naaste landbouverenigings in aanraking te kom en om boere wat skade gely het by te staan, veral met voer in hierdie tyd van nood.

 

 

JAN VAN NIEKERK

083 743 2042

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.