“Erfenisdag is 'n dag waarop elkeen respek moet hê vir ander kulture en erfenisse wat verskil van joune. Suid-Afrika is 'n land met elf amptelike tale en is aanduidend van ons diversiteit en heterogene bevolking. Indien ons mekaar nie respekteer nie is dit 'n resep vir konflik.
Elkeen behoort ook trots te wees op sy/haar eie kultuur en erfenis. As Afrikaner is ek trots om een te wees met 'n erfenis wat Suid-Afrika help bou en ontwikkel het”, sê dr. Pieter Groenewald, Voorsitter van die Vryheidsfront Plus.
“Dit is ook belangrik dat as ons sê almal is gelyk dat daar nie teen sommiges gediskrimineer word nie. Die onlangse uitspraak oor regstellende aksie is diskriminerend en getuig nie van gelykheid nie. Met sulke uitsprake word harmonie tussen verskillende kulture nie bevorder nie en is sleg vir die land. Die regering sal ernstig hieroor moet besin anders is dit die skepping van tweedeklas burgers in Suid-Afrika”, sê Groenewald.
Kontaknommer: 083 627 4397