Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Skotte verdien lof oor vreedsame wyse waarop selfbeskikking nagejaag word

‘n Groeiende nasionalisme en versugting na selfbeskikking by die Skotte blyk duidelik daaruit dat die Skotse Nasionale Party (SNP) in 2007 slegs 32,9% steun gehad het terwyl byna 44,5% nou in die referendum hul steun aan die selfbeskikkingsidee van die SNP toegesê het, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Dr. Mulder sê alle volke in die wêreld het ‘n inherente reg op selfbeskikking wat op ‘n vreedsame of ‘n gewelddadige wyse nagejaag word. In die Skotte se geval het hulle die moderne neiging gevolg en verkies om dit vreedsaam deur middel van ‘n referendum te doen.

“Wanneer dit vreedsaam gedoen word, is dit nie bloot ‘n enkele gebeurtenis nie, maar ‘n opeenvolging van verskillende stappe en gebeure. Die afgelope referendum was maar een so ‘n stap op die Skotte se pad na uiteindelike selfbeskikking.

“Die VF Plus wil die Skotte geluk wens met die vordering wat gemaak is. Dit is duidelik dat daar groeiende steun is vir die idee van Skotse soewereiniteit,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.