Mnr. Franco de Lange, VF Plus-raadslid vir Johannesburg, is vandag kort voor die metro se eerste raadsvergadering gedreig dat sy vrou en kind sal ‘verdwyn’ indien hy saam met die opposisie teen die ANC stem.
Volgens mnr. De Lange het hy omstreeks tienuur vanoggend ‘n anonieme sms-boodskap ontvang waarin hy gedreig is om nie in ‘n koalisieregering betrokke te raak nie.
Hy sê hy was geskok en neem die dreigement ernstig op, maar hy sal hom nie laat intimideer nie.
“Die VF Plus het ‘n leidende rol om te speel in die verandering en verbetering van die Johannesburgse metroraad en ons sal ons nie laat stuit deur enigiemand of enige party nie.
“Ons het ander opposisiepartye dadelik van die dreigement in kennis gestel en het ‘n klag by die polisie ingedien.
“Die VF Plus speel reeds ‘n belangrike rol in verskeie munisipaliteite en in Tshwane se metroraad en sien uit na die nuwe bedeling in plaaslike bestuur en sal hom nie steur aan sulke dreigemente nie. Dit is bewys deurdat ons nou ook met ander minderheidspartye ‘n koalisieregering in Johannesburg gevorm het,” sê mnr. De Lange.
Adv. Anton Alberts
VF Plus-leier: Gauteng
082 391 3117
Raadslid Franco de Lange
082 358 3882