Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-provinsiale reorganisasie: Vrystaat

Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat het onlangs hul drie-jaarlikse provinsiale reorganisasie-kongres te Bloemfontein gehou.

Mnr. Jan van Niekerk is tydens hierdie kongres eenparig as provinsiale leier herkies. Mnr. Wouter Wessels is ook eenparig as onderleier van die party herkies. Mnr. Connie Pelser, voormalige onderleier, het formeel uit aktiewe politiek getree en dr. Elizabeth Snyman-van Deventer is in sy plek as ander onderleier verkies.

Van Niekerk het in sy toespraak gemeld dat die VF Plus tydens die afgelope munisipale verkiesing gegroei het en dat hy daarvan oortuig is dat die party geweldige groei in die 2019-algemene verkiesing sal beleef.

Van Niekerk is opgewonde om saam met die nuutverkose dagbestuur die party in die Vrystaat verder uit te bou, die ledetal te vermeerder en die party se kiesers in die algemeen van diens te wees.

Van Niekerk het bygevoeg dat te midde van die ernstige krisisse wat Suid-Afrika beleef, sondebok-politiek hoogty vier. Apartheid, wit mense en in besonder die Afrikaner word vir alle probleme en tekortkominge blameer. Hy meen die VF Plus is die enigste party wat teen hierdie blaamverskuiwing opstaan en veg vir ‘n beter toekoms.

 

Heloïse Jordaan

Kontaknommers: 072 997 8315 / 051 407 1104

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.