Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus plaas druk op Emfuleni om substasie vinnig te herstel

Druk van die VF Plus het die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) gedwing om ʼn assessor te stuur na die NE3-substasie in Vanderbijlpark wat verlede Vrydag in ʼn brand vernietig is.

Die spesifieke substasie voorsien krag aan die NE3-industriele gebied wat groot vervaardigingsmaatskappye vestig, asook aan ʼn informele nedersetting.

Dit is die tweede keer in twee jaar dat ʼn brand die substasie vernietig. Die vorige keer was die gebied vir dae sonder krag.

Die VF Plus dring daarop dat die vermoë van die substasie verhoog word om sodoende genoeg krag aan die gebied te verskaf. Tans is die kragaanvraag te hoog vir die substasie om te hanteer wat tot oorlading lei.

Emfuleni sal ook streng teen mense met onwettige kragverbindings moet optree wat ʼn verdere las op die substasie plaas.

Die VF Plus het die munisipaliteit gemaan om herstelwerk vinnig af te handel omdat die fabrieke nie sonder krag kan funksioneer nie. Die fabrieke bied werk aan honderde mense en maak ʼn groot deel uit van Emfuleni se ekonomie.

Die werkloosheidsyfer in Emfuleni is tans 56% en in die huidige swak ekonomiese omstandighede styg dit deurentyd.

Weens Emfuleni se swak infrastruktuur is baie fabrieke reeds in naburige dorpe hervestig. Iets wat Emfuleni allermins kan bekostig.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.