Die VF Plus is verheug oor die oprigting van spoedwalle in Aberdeen as deel van die party se inisiatief om die veiligheid van gemeenskappe en padgebruikers te verbeter.
Die spoedwalle word in die dorp se hoofstraat, Andries Pretorius-straat, opgerig weens gereelde spoedoortredings wat lei tot ongelukke.
Die VF Plus se raadslid, Riaan van Heerden, het die meeste van die boumateriaal vir die projek geskenk. Die Dr. Beyers Naudé-plaaslike munisipaliteit het die arbeid verskaf.
Die VF Plus is daartoe verbind om die gemeenskap te dien en hul behoeftes eerste te stel.
Die party het sy dank en waardering uitgespreek teenoor elke persoon en instelling wat bygedra het tot die sukses van die projek.
Die VF Plus sien daarna uit om voort te gaan met gemeenskapsinisiatiewe om die lewensgehalte van die inwoners van die Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit te verbeter.


