Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus nie verbaas oor beweerde Covid-19-tenderbedrog in Limpopo

Die VF Plus is nie verbaas oor die bewerings van tenderbedrog met die verskaffing van Covid-19-persoonlike beskermende toerusting in Limpopo nie.

Die premier van Limpopo, Stan Mathabath, moet dadelik die LUR vir gesondheid, dr. Phophi Ramathuba, en ander amptenare wat na bewering betrokke was by die tenderbedrog, op verpligte verlof plaas.

Teen die agtergrond van die kultuur van stroping en korrupsie wat onder ANC-bewind vaardig geraak het, was grootskeepse korrupsie met tenderprosesse tydens die Covid-19-pandemie te wagte.

Die VF Plus in Limpopo het in Maart reeds gewaarsku dat die fondse wat aan die onderskeie provinsiale departemente toegeken is in die begroting, nie die gewenste uitwerking sal hê nie weens voortgesette korrupsie, tenderbedrog en onbevoegde amptenare.

Die dogter van die ANC se adjunkvoorsitter, Florence Radzilani, en die vrou van 'n senior amptenaar in die kantoor van premier Mathabatha, is van die begunstigdes van die provinsie se beweerde onreëlmatige Covid-19 -kontrakte.

Ndivhuwo Radzilani se konstruksiemaatskappy, Ndia Business Trading, het 'n kontrak van R1,1 miljoen gekry om persoonlike beskermende toerusting aan die provinsiale departement van gesondheid te lewer. Haar ma, 'n voormalige burgemeester van die Vhembe-distriksmunisipaliteit en huidige LPW, dien in die provinsiale uitvoerende komitee (ANC).

Susan Managa, die vrou van die adjunkdirekteur-generaal vir gemeenskapsondersteuning in die premier se kantoor, Eddie Managa, het volgens amptelike rekords kontrakte ter waarde van R2,2 miljoen verkry.

ANC-kaders wat die belastingkoffers plunder het ‘n nuwe skaamteloosheid bereik deur Covid-19-fondse, wat die verskil tussen lewe en dood vir landsburgers beteken, weer in hul eie sakke te stop.

 

Navrae: 066 024 4603

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.