Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-medelye met tragiese ongeluk in Vanderbijlpark

Die VF Plus in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit betuig sy innige medelye met die ouers, gesinne en skole van die 12 leerders wat gisteroggend gesterf het in ’n botsing tussen ’n minibus-taxi en ’n vragmotor op die R553 naby Vanderbijlpark.

Vier leerders het die ongeluk oorleef en is in ’n kritieke toestand na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

Die minibus het kinders vervoer na verskeie skole, waaronder die El-Shaddai Christian School, Oliver Lodge Primary School, Vaal Triangle Primary School, Vaal High School en Suncrest High School.

Hierdie tragedie beklemtoon die VF Plus se kommer oor die ongereguleerde en dikwels onveilige wyse waarop leerders daagliks vervoer word.

Die party doen ’n beroep op die verkeersdepartemente om veral in die oggend- en middagspitstye streng op te tree. Dit sluit in dat verkeersbeamptes moet toesien dat taxi’s wat kinders vervoer, nie oorlaai is nie en dat voertuie padwaardig is.

Die VF Plus doen ook ’n beroep op ouers om waaksaam te wees oor wie hul kinders vervoer.

Die verlies van 12 jong lewens is ’n tragedie wat die hele gemeenskap van Vanderbijlpark en die Vaalstreek diep tref.

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen vir verantwoordelike bestuur, streng wetstoepassing en beter regulering van skoolvervoer.

Elke kind se lewe is kosbaar.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.