Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, is môre op Geloftedag die spreker by die Dewetsdrift-Geloftefees. Die verrigtinge begin reeds om 9:30 die oggend.
Die terrein is in die Vredefort-koepel sowat 7 kilometer vanaf Scandinaviadrift aan die Vrystaat-kant. (Besoek gerus die Facebookblad: Dewetsdrift Geloftefees vir nader besonderhede).
Die diens tydens die fees sal gelei word deur ds. Peet Crous.
Dr. Groenewald sal môre onder meer praat oor versoening en wat dit beteken vir die verskillende volke en kultuurgroepe in Suid-Afrika, asook oor die betekenis van die Gelofte vir Afrikaners.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216