fbpx
Vryheidsfront Plus

Owerhede se argeloosheid teenoor vandalisme van Metrorail-infrastruktuur saboteer Wes-Kaapse ekonomie

Ongebreidelde vandalisme van Metrorail-infrastruktuur in die Wes-Kaap is besig om die streek ekonomies te saboteer en dit is onaanvaarbaar dat dit by die dag toeneem terwyl die nasionale en provinsiale regering oënskynlik argeloos staan en toekyk, sê dr. Corné Mulder, leier van die VF Plus in die Wes-Kaap.

Dr. Mulder sê dit is skokkend dat treine in die Kaapse metro nou feitlik tot ‘n stilstand gekom het nadat die diens die afgelope jare by die dag verswak het tot groot frustrasie van tienduisende pendelaars wat bloot geen ander manier het om by die werk te kom nie.

Hy sê dit is ewe skokkend dat Metrorail in ‘n verklaring ‘n beroep moet doen op ‘wetstoepassers en agentskappe’ om te help om probleme soos vandalisme, kabeldiefstal en die vernietiging van infrastruktuur te voorkom.

“Dit impliseer duidelik dat die nasionale regering en polisie, en wetstoepassers in die provinsie toegelaat het dat die situasie oor jare so versleg dat treindienste om Kaapstad seker vir die eerste keer ooit bloot tot ‘n stilstand gekom het.

“Dit is so dat dit die nasionale regering se verpligting is om na Metrorail se belange om te sien, maar die DA is ewe skuldig aangesien hy sienderoë toegekyk het terwyl die diens stadig tot ‘n stilstand geknars het.

“Die Wes-Kaapse regering moet nou ingryp aangesien hierdie situasie die streek en sy provinsie saboteer. Dit is bloot nie meer goed genoeg om net na die ANC-regering te kyk in die hoop dat iets gedoen gaan word nie. Ons weet nou al daar sal niks gedoen word nie.

“Die VF Plus doen ‘n beroep op die nasionale- en provinsie regering om hierdie as ‘n noodsituasie te beskou en dienooreenkomstig op te tree. Daar sal nou ‘n spesiale eenheid soos die ou spoorwegpolisie op die been gebring moet word om orde weer te herstel,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.