fbpx
Vryheidsfront Plus

Versoeningsdag: Kulturele uitwissing nie versoening nie

“As versoening in Suid-Afrika beteken dat die verskillende volke en kultuurgroepe dit wat hulle eie is, moet vernietig en opoffer, is dit nie werklike versoening nie, maar gedwonge assimilasie en kulturele uitwissing. Suid-Afrika is ‘n multi-kulturele land met elf amptelike tale en dit moet eerbiedig, erken en respekteer word,” sê dr Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus.

Dr Groenewald het gepraat by die Geloftefees herdenking by die Dewetsdrift Feesterrein in die Vredefort koepel, naby Parys in die Vrystaat.

“Versoeningsdag en die jaarlikse herdenking van die 1838 gelofte staan nie teenoor mekaar nie. Dit is ’n fout om Afrikaners te probeer forseer om tussen die twee te kies. Meeste mense in Suid-Afrika soek vrede en ’n veilige toekoms vir hulle kinders. Afrikaners het ‘n grondwetlike reg om hulle kultuur en erfenis te herdenk en uit te leef.

“Die herdenking van 16 Desember word deur die meeste Afrikaners gesien as Geloftedag binne die konteks van ‘n gelofte wat afgelê is in 1838. Hulle het die reg om hulleself te wees, as trotse Afrikaners. In ’n land met baie tale en kulture moet elkeen trots wees op wie en wat hy/sy is. As daardie reg erken word, sal versoening vanself plaasvind in Suid-Afrika,” het Groenewald gesê.

Dr. Groenewald het die jeug bedank dat dit juis hulle is wat die geleentheid gereël het ter herdenking van Geloftedag.

“As die Afrikaner jeug die aanslag wat daar tans is om die Afrikaner se geskiedenis negatief en eensydig aan te bied ter wille van populisme, kan weerstaan, is daar hoop vir die Afrikaner se toekoms.”

Hy het spesifiek verwys na veldtogte om Afrikaners en wit mense as misdadigers in hulle eie land voor te wil stel, deur alles wat verkeerd gaan hulle skuld is en asof hulle die grond gesteel het. Afrikaners het oor eeue ‘n belangrike rol gespeel om Suid-Afrika op te bou tot voordeel van alle Suid-Afrikaners.

“Afrikaners kan en moet trots wees op hierdie bydrae van opbou en hoef nie verskonend daarvoor te wees nie,” het hy gesê.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.