fbpx
Vryheidsfront Plus

Ramaphosa: Strawwe uitdagings wat wag

“Die Vryheidsfront Plus wens mnr. Cyril Ramaphosa geluk met sy verkiesing as nuwe president van die ANC. Daar wag egter strawwe uitdagings vir hom en die wyse waarop hy dit hanteer sal bepaal of hy Suid-Afrika sal kan red van verdere verval en ondergang,” sê dr. Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus.

“Ramaphosa se verkiesing sal op die korttermyn beleggersvertroue ‘n hupstoot gee en selfs ‘n verdere afgradering na rommelstatus kan voorkom, maar indien hy langtermyn-vertroue wil skep, sal hy ‘n aantal drastiese stappe moet neem.

“Daar is vyf stappe wat hy dadelik behoort te neem, naamlik:

“Indien Ramaphosa Zuma nie laat herroep nie, sal sy hande afgekap wees en sal Zuma die een hofsaak na die ander voer om voort te gaan met sy plundering van staatbates en al die vrot appel-ministers behou.

“Dit sal die bietjie hoop wat opgevlam het vir die ekonomie dadelik blus en die land sal voortploeter asof niks verander het nie,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.