Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus lê klag by OB en OVK oor ANC se misbruik van belastingbetalersgeld vir verkiesingsdoeleindes

Die 51 reuse advertensieborde wat tans deur die Gauteng-regering in Gauteng opgerig word, is ’n ernstige bedreiging vir die Suid-Afrikaanse demokrasie. Dit maak ook ’n vry en regverdige verkiesing volgende jaar onmoontlik.

Die advertensieveldtog, wat regeringsuksesse uitdra, gaan meer as R2 miljoen per maand kos. Hierdie koste word nie deur die ANC gedek, soos ’n mens sou verwag nie, maar uit die staatskas.

In geen volwasse demokrasie in die wêreld sal dit toegelaat word dat propagandistiese advertensies in die regerende party se kleure tydens ’n verkiesing deur belastingbetalersgeld betaal word nie. Opposisiepartye se kiesers betaal dus vir ANC-propaganda tydens die verkiesing.

Dit skep ’n onhoudbare situasie waar ander politieke partye op geen wyse uit eie fondse met die regerende party tydens ’n verkiesing kan meeding nie. Verduidelikings dat die groen en geel kleure en tydsberekening toevallig is, onderskat alle Suid-Afrikaners se intelligensie. Dit is ’n deursigtige en onaanvaarbare verduideliking.

Die VF Plus gaan die Openbare Beskermer en die Onafhanklike Verkiesingskommissie vra om hierdie misbruik van belastingbetalersgeld onmiddellik te ondersoek sodat die advertensieborde verwyder kan word of die ANC verplig kan word om dit uit eie fondse te betaal.

 

Kontaknommers: 082 674 6670 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.