fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus kla Zuma aan by MRK oor moontlike haatspraak in sy 10 April-toespraak

Uitlatings deur pres. Jacob Zuma in sy toespraak met die herdenking van Chris Hani se moord die afgelope Maandag (10 April) is volgens die VF Plus haatspraak en die party het vandag ‘n klag daaroor by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Luidens berigte het pres. Zuma onder meer gesê (in Engels) “It is clear some of our white compatriots regard black people as lesser human beings or subhuman”.

Hy het ook gesê sommige van die plakkate wat vertoon is met die optog van SaveSA verlede Vrydag (7 April) het swart mense as ‘bobbejane’ uitgebeeld.

Adv. Alberts sê die uitlatings is niks anders nie as haatspraak teen wittes van die land en kan tot onnodige rassewrywing aanleiding gee.

“Sulke uitlatings is gevaarlik en verdelend en is beledigend teenoor wittes wat hul demokratiese reg uitoefen om aan ‘n wettige protes-optrede deel te neem.

“Dit is boonop in botsing met die Grondwet van die land (artikel 83 (c)) wat dit duidelik uitspel dat die president oor almal in die land regeer.

“Die president maak nou ‘n gewoonte daarvan om wittes te beledig en die MRK sal hom moet vra wat hy daarmee wil bereik. Dit wil al hoe meer voorkom of dit ANC-beleid geraak het om alles wat wit is te beveg en te vernietig.

“Ons stem saam met die reaksie van SaveSA wat sê dit blyk dat pres. Zuma uit desperaatheid al hoe meer die rassekaart op ‘n uiters verdelende wyse speel,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.