fbpx
Vryheidsfront Plus

MRK moet optree na Ekurhuleni-burgemeester se uitlatings, vra VF Plus

Dreigemente wat die burgemeester van Ekurhuleni, Mzwandile Masina Maandag (10 April) met die gedenkdiens van Chris Hani se afsterwe gemaak het, is rassisties, beledigend en dreigend van aard teen wit mense en die Menseregtekommissie (MRK) is gevra om dit te ondersoek, sê Jennifer Rautenbach, VF Plus-raadslid vir Ekurhuleni.

Luidens ‘n berig van News24 was Masina se dreigement teen wittes en die organisasie SaveSA gerig, en hy het glo onder meer gesê:

“It might be very rough and we are many, this is not a threat, we are many (and) it might be very rough.”

“It is very important that we send a very, very strong warning that… we will crush any individual who stand (in the way of) the project of nation building and social cohesion in South Africa.”

“I want to say to our white counterparts in South Africa, they must be very careful…”

Rautenbch sê die uitlatings is uiters kommerwekkend en die indruk wat dit skep is dat wittes ernstige leed aangedoen kan word indien hulle nie saamstem met alles wat die ANC-regering doen nie.

Sy sê die woorde van Masina veroorsaak rassewrywing en -verdeling en is uiters onheilspellend in ‘n land waar die staatspresident reeds ‘n klimaat van rassespanning geskep het met sy verdelende uitlatings.

“Die VF Plus sien hierdie aangeleentheid in ‘n baie ernstige lig. Indien dit ongehinderd voortgaan, kan dit ernstige gevolge vir almal in die land inhou. Die party versoek daarom die MRK om sonder enige vooroordeel hierdie uitlatings deeglik te ondersoek en streng op te tree om dié groeiende tendens in die kiem te smoor,” sê Rautenbach.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 391 3117

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.