Die Kgetlengrivier-munisipaliteit wat saamgestel is uit Koster, Swartruggens en Derby is die laaste agt dae reeds sonder drinkwater. Dit is een van die belangrikste dienste wat gelewer moet word en die regerende ANC-munisipaliteit wys hiermee hy is nie eens in staat om basiese dienste te lewer nie, sê Frans Potgieter, VF Plus-raadlid vir Kgetlengrivier.
Potgieter sê dit is skokkend dat die munisipaliteit nie in staat is om die basiese instandhouding van toerusting te doen om drinkwater te lewer nie.
“Die swak instandhouding van infrastruktuur is weens ‘n gebrek aan kundigheid en swak bestuur binne die munisipaliteit. Drinkwater is nie net ‘n basiese diens nie maar ‘n basiese reg in terme van die Grondwet en die munisipaliteit sal daadwerklik moet optree om die watertoevoer te herstel. Belastingbetalers betaal vir die diens.
“Talle navrae van die VF Plus oor die situasie aan die bestuur en burgemeester is steeds onbeantwoord wat daarop dui dat nie eens die burgemeester oënskynlik weet wat die oorsaak van die probleem is nie,” sê Potgieter.
074 877 1155/079 409 8342