Die optrede van die ANC se MK-veterane wek kommer en skep die indruk dat dit eerder ‘n private weermag is as werklike MK-veterane. Die jeugdigheid van sommige lede wat deel is van die organisasie en wat in uniforms verskyn en selfs vuurwapens hanteer toon dat hulle beslis nie veterane en lede van uMkhonto we Sizwe kon gewees het nie,” sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.
“Private weermageenhede is onwettig en daar moet streng opgetree word teen hierdie tipe paramilitêre samestellings en optredes.
“Dit is ook onaanvaarbaar dat hierdie veterane aangewend word om Luthuli-huis te beskerm en te verdedig want dit beteken hulle word operasioneel aangewend wat ook nie toelaatbaar is nie. ‘n Militêre veterane organisasie se doel is om oud-stryders op sosiaal-maatskaplike basis by te staan en te ondersteun en nie om operasioneel aangewend te word nie.
“Die VF Plus sal vrae in die parlement aan die minster vra oor die samestelling en aanwending van die MK-veterane,” het dr. Groenewald gesê.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403


