fbpx
Vryheidsfront Plus

Dlamini-Zuma misbruik BBP-beskerming

Die beskerming van Nkosazana Dlamini-Zuma deur die BBP-afdeling van die polisie is die misbruik van staatsbronne om haar presidensiële veldtog te finansier, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus en hoofwoordvoerder van polisie.

Dr. Groenewald sê alhoewel die polisie beskerming aan private persone kan verskaf indien hulle veiligheid bedreig word, is dit onnodig om dié beskerming te verleen met ‘n konvooi voertuie en kan slegs twee persoonlike beskermers vir dié doel gebruik word.

“Dlamini-Zuma is nie ‘n openbare ampsbekleër nie en is daarom nie verplig om vergaderings by te woon nie. Indien haar veiligheid sodanig bedreig word, moet sy wegbly van openbare vergaderings. Indien sy dan wel vergaderings wil bywoon, moet die ANC sy MK-veterane vra om haar op hul eie koste te beskerm.

“Die polisie skuil agter ‘n sogenaamde verslag rakende die bedreiging van haar veiligheid en die VF Plus sal die minister van polisie in die parlement vra om te antwoord op hierdie misbruik van die polisie- en belastingbetalersgeld.

“Belastingbetalers en gewone burgers moet jaarliks miljarde rande opdok om hul eie private sekuriteit en veiligheid te verseker. Die ANC moet die koste wat reeds aangegaan is vir Dlamini-Zuma se beskerming, terugbetaal aan die staat,” sê dr. Groenewald.

 

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 082 472 0189

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.