Danksy druk van die VF Plus en ander opposisiepartye is daarin geslaag om te keer dat Lephalale-plaaslike munisipaliteit (Ellisras) munisipale fondse gebruik om ’n sokkerspan na Maseru (Lesotho) te stuur vir deelname aan die Suider Afrikaanse-intermunisipale sportvereniging se 2025-sportbyeenkoms.
Die toer sou die munisipaliteit R625 000 uit die sak gejaag het.
Die party het tydens vandag se spesiale raadsvergadering die voorstel gesteun dat fondse hiervoor teruggetrek word.
Met Lephalale se rioolprobleme, paaie wat verval en aanhoudende uitdagings soos waterprobleme, kan die geld eerder aangewend word vir dienslewering.
Hierdie fondse is broodnodig om infrastruktuur te herstel en gemeenskappe te ondersteun, eerder as vir buitelandse uitstappies.
Die VF Plus sal nie toelaat dat belastingbetalers se geld onnodig misbruik word nie.


