Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus kan nie afskryf van R336 miljoen se onreëlmatige uitgawes goedkeur

Die VF Plus het onvoorwaardelik ’n verslag van die Tshwane-metro verwerp waarin goedkeuring gevra word vir die afskryf van R336 miljoen se onreëlmatige uitgawes.

Hierdie uitgawes is in die vierde kwartaal van die 2024/25-finansiële jaar aangegaan.

Die verslag gee geen omvattende inligting oor die aard en omvang van die onreëlmatige uitgawes of identifiseer die amptenare wat daarvoor verantwoordelik is nie. Dit blyk ook nie uit die verslag of daar enige dissiplinêre stappe teen hulle geneem is nie.

Slegs tabelle is aan die raad voorgelê oor duur kantoorkontrakte, regsdienste, ongedefinieerde nienakoming van kontrakte en die afwesigheid van boddokumente.

ʼn Voorbeeld van nienakoming is die Middestad gebou wat ʼn gebrek aan beplanning en behoorlike bestuur beklemtoon.

Die VF Plus is verder ongemaklik oor die aanstelling van ʼn regspraktisyn-paneel, maar geen bedrag is daaraan gekoppel nie. Dit is nóg ’n bewys van ’n onreëlmatige uitgawe sonder enige werklike dokumentasie of bewyse.

Die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA) maak dit duidelik dat alle onreëlmatige uitgawes ondersoek moet word en waar dit aan verantwoordelike amptenare gekoppel kan word, moet die fondse verhaal word.

Ten spyte van hierdie voorskrifte, word die raad steeds versoek om die afskryf van die onreëlmatige uitgawes goed te keur.

Die VF Plus kan nie toelaat dat die raad ’n rubberstempel vir wanbestuur word nie.

Die Tshwane-metro skuld sy inwoners die waarheid oor wie die items afgeteken het, wie daarby baat gevind het en wie aanspreeklik gehou moet word.

Die VF Plus versoek ’n volledige ondersoek. Totdat dit gedoen is, is die verslag onaanvaarbaar en ’n verdere bewys dat die metro sy inwoners versaak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.