Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Emfuleni bestee miljoene aan sekuriteit terwyl infrastruktuur gestroop word

Terwyl die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) miljoene aan sekuriteit bestee, word infrastruktuur steeds voor die voet geplunder.

Net in April vanjaar het die munisipaliteit R12,5 miljoen vir sekuriteitsdienste bestee, en steeds is die munisipale kantore geplunder en kritieke infrastruktuur soos substasies gestroop.

Die bedrag is verder R2, 25 miljoen meer as die begrote bedrag selfs nadat 5% van die begroting gesny is ingevolge die munisipaliteit se finansiële herstelprogram.

Die besteding aan sekuriteitsdienste is buitensporig inaggenome die gebrekkige dienslewering wat die munisipaliteit ontvang. Sekuriteitsbeamptes word ook gebruik vir politieke beskerming wat insluit die vervoer van senior amptenare met luukse voertuie van en na vergaderings.

Die VF Plus eis dat daar ʼn forensies oudit gedoen word van alle betalings vir sekuriteit sedert 2006 en dat ʼn volledige lys van die verskaffers van sekuriteitsdienste en die begunstigdes daarvan openbaar gemaak word.

Indien daar enige ongerymdhede gevind word, moet dissiplinêre stappe geneem word teen die betrokke amptenare wat die uitgawes goedgekeur het.

Kontrakte van sekuriteitsmaatskappye wat nie aan streng standaarde voldoen nie, moet beëindig word.

Emfuleni is reeds finansieel op sy knieë en daar word van kontraktuele sekuriteitsdienste verwag om infrastruktuur behoorlik te beskerm.

Die enigste manier om wanbesteding in dié munisipaliteit hok te slaan, is om die ANC-regering by die stembus te verslaan en te sorg dat ʼn verantwoordelike party wat die gemeenskap dien, aan bewind kom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.