fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-jeug ondersteun Tukkie-studente se versoekskrif vir veiliger parkering

Die VF Plus-jeug in Gauteng steun ‘n versoekskrif wat deur 2 000 studente van die Universiteit van Pretoria (Tukkies) onderteken is om te vra vir veiliger parkering in en rondom die universiteitsgronde.

Die VF Plus-jeug is reeds langer as twaalf jaar besig om met die bestuur van Tukkies te onderhandel vir bykomende en veiliger studenteparkering. Die versoek val telkens op dowe ore.

Die party gaan met die universiteitsbestuur, die Gautengse wetgewer asook die Tshwane-metroraad vergader om oplossings vir die parkeerprobleem te vind.

Studente se primêre doel is om op hul studies te fokus en nie om die teiken van misdadigers te word nie. Studente is dikwels die prooi van diewe wat hul as studente voordoen en om saamrygeleenthede vra. Die studente word dan beroof.

Diewe breek ook by studentemotors in en motorwagte is dikwels ontevrede met die fooitjie wat hulle ontvang waarna studente beledig en geviktimiseer word. Van die studente het selfs doodsdreigemente ontvang. Baie vroue-studente is na hul nare ondervindings skrikkerig om die kampus te besoek.

Die VF Plus kan nie toekyk hoe studente in ‘n gevaarsituasies geplaas word in ‘n omgewing waar hulle veilig moet wees nie.

Kontaknommer: 079 224 7321

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.